Ons storie
Gebore uit ’n liefde vir koffie — maar meer nog uit liefde vir God.
bekervol is gebore uit ’n liefde vir Koffie, maar meer nog vir my Liefde vir God.
Is jou beker vol, is jou beker half vol, of is jou beker leeg? Al drie hierdie vrae kan beantwoord word deur God se teenwoordigheid of sy afwesigheid in jou lewe.
’n Christen se lewe is nie net maanskyn en rose nie, dit weet ons almal baie goed. Die wat my persoonlik ken sal weet ek is al deur ’n paar dinge in my lewe. As ek nie ’n Sterk Fondasie op Jesus Christus gebou gehad het nie, sou ek my geloof verloor het.
Die lewe is lekker, vreugdevol, vol geleenthede, vol wonderlike vriende en familie en dan is daar ook die moeilik, seer, onbeplande gesondheids uitdagings, en die onbekendes van die lewe. Maar een ding staan soos ’n paal bo water, as Jesus Christus nie jou fondament is nie, gaan die lewe jou rol soos ’n brander, en wie weet waar jy dan gaan uitkom; totaal uitgeput, na aan verdrink en gedisoriënteerd.
My Passie in die lewe vandat ek my hart vir God gegee het, 17 Maart 2002 op ’n sandduin in Lambertsbaai is om ’n verskil vir God te maak, ’n groter Grondgebied vir Hom te wen! My persoonlike gawes is om te motiveer en bemoedig en dis presies wat ek met die bekers wil doen.
Ons bekers is kenmerkend wit en blou want dit laat my dink aan God se Soewereiniteit, Sy Teenwoordigheid, Sy Heiligheid en dat ek aan Hom behoort. Numeri 15: 37 – 41 gee die Here vir Moses ’n opdrag. “Sê vir die Israeliete hulle moet aan die some van hulle klere klossies vaswerk. Dit geld ook vir hulle nageslag. Hulle moet ’n Blou toutjie aan die hoekklossies vaswerk. As julle die klossies sien, moet julle dink aan al My gebooie sodat julle dit onderhou en nie die sondige begeertes van jul hart en oë navolg nie. Julle moet aan al my gebooie dink en hulle onderhou sodat julle aan My gewy sal wees. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte gebring het om vir julle ’n God te wees. Ek is die Here julle God!”
Uit hoeveel Egiptes het God jou al gelei….. daar was verseker baie op my pad gewees.
Die Here het vir my Jesaja 61:1 gegee as bevestiging om bekervol. te begin. “Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ’n Blye Boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om die wat moedeloos is, op te beur, om vir gevangenes vrylating aan te kondig, Vryheid vir die wat opgesluit is.”
Mag iets in die bekers wat die Here ons lei om te maak; jou hart raak en jou nader aan Hom bring!
Geniet bekervol en maak seker jou Beker is Vol; Vol Geloof, Vol Hoop, Vol Liefde, Vol Drome, Vol Gebede en Vol van die Heilige Gees! Begin jou dag met jou eerste koppie Koffie, saam met God!
Seën vir jou!
Gaan na die winkel