Versorging van produkte

Hoe om jou Bekervol-produkte te versorg sodat hulle mooi bly.

Om die kwaliteit en lewensduur van u sublimasieproduk te behou, word die volgende versorging aanbeveel:

  • Bekers: Handwas word aanbeveel. Vermy skuurmiddels, growwe sponsies en langdurige week in water.
  • Skottelgoedwasser: Hoewel sommige sublimasieprodukte as skottelgoedwasserbestand bemark word, beveel Bekervol handwas aan om die drukwerk se kleur en kwaliteit langer te behou.
  • Mikrogolf: Vermy die gebruik van sublimasieprodukte in die mikrogolfoond, veral produkte met metaal- of goue detail.
  • Mousepads en ander gedrukte produkte: Vee liggies met ’n sagte, klam lap af. Moenie sterk chemiese skoonmaakmiddels of skuurmiddels gebruik nie.
  • Hitte en direkte sonlig: Langdurige blootstelling aan hoë hitte of direkte sonlig kan mettertyd die kleur en afwerking beïnvloed.
  • Hantering: Vermy skerp voorwerpe en growwe oppervlaktes wat die gedrukte ontwerp kan krap of beskadig.

Belangrik

Sublimasieprodukte is persoonlike, gedrukte produkte en normale slytasie, verkeerde gebruik of onvoldoende versorging word nie as ’n vervaardigingsfout beskou nie.

Bekervol kan nie verantwoordelik gehou word vir skade wat ontstaan as gevolg van verkeerde gebruik, nalatige hantering of die nie-nakoming van die aanbevole versorgingsinstruksies nie.